Haal jou temawoorde en temaprente van jou bord af. Gee nou vir die kind kans om die regte woord by die regte prente te pas. Die opvoeder gaan hiermee moet help! Ryg nou krale in ... 1 kraal vir elke letter. Watter woord het die meeste letters? Kyk, daardie woord se string krale is ook... Continue Reading →
Leer met legos
Legos (en eintlik enige soortgelyke blokkies) is heerlike hulpmiddels in jou klas en by die huis. Hier is so 'n paar idees om in te span. Begin by 1 en bou die blokkies op tot by 10. Elke keer een meer. Een meer, nog een meer. Tot by 10. As jy klaar is lyk dit... Continue Reading →
Pennebord vorms
[metaslider id=2449 cssclass=""] Die kind kry 'n pennebord en vorm kaarte. Druk nou pennetjies in die bord om die vorms te toon. Hierdie aktiwiteit is baie moeilik vir ons maats veral aangesien daar geen aanduiding op die pennebord is waar hulle moet begin en waarheen hulle op pad is nie. Gee aanvanklik baie leiding totdat... Continue Reading →
Fyn spiere
Gebruik jou pasta dreineerder vir hierdie leerstasie. Verskaf pyp skoonmakers saam met die dreineerder. Die kind moet nou die pyp skoonmakers in die gaatjies druk. Ideaal vir ons klein maatjies.