Werkskaarte, en ander papierwerk, is hoofsaaklik fyn motoriese aktiwiteite en móét voorafgegaan word deur groot motoriese en konkrete belewing.
Graad R sonder werkskaarte
Fyn motoriese vaardighede is daardie spiere wat maak dat ons mooi kan skryf, knope kan vasmaak en 'n wasgoedpennetjie kan oop druk. Dis dan duidelik dat ons hierdie spiere daagliks gebruik en inspan en dat dit nie nét 'n akademiese foefie is nie. Hierdie spiere is inderdaad baie belangrik.
Doek-omruil en wiskunde…
Hierdie onderwerp van dr Cas Olivier ('n gerekende wiskunde boffin en skrywer van Easy as Pi) het my laat kop krap. Wat op aarde het baba doeke en wiskunde met mekaar uit te waai? Mamma, al wat ek wil verklap is dat jou aandeel in jou kind se ontwikkeling soveel groter en soveel belangriker is... Continue Reading →