Ons het ons leertjie gebruik wat in ons slangetjie en leertjie lap aktiwiteit voorkom. Ons klein maats verstaan dikwels die leer makliker en vinniger as 'n getallyn. In elke gaatjie van die leer kom 'n opeenvolgende syferkaart. Aan die kant van die leertjie is leë papierborde. Die kind pak nou tellers in die papierborde om... Continue Reading →
Bou letters met balle
Ons moet altyd in gedagte hou dat letters niks anders is as vorms in 'n spesifieke manier gegroepeer nie. Die saamgegroepeerde vorms het dan 'n vooraf bepaalde betekenis wat ons die klank noem. So is 'n sirkel en 'n baie smal reghoek (n verskillende lengtes) teenaan mekaar enige van die volgende opsies : a, b,... Continue Reading →
Bou syfers
Voor jy die syfers op papier nader hark moet jou kind die vorm van elke syfer eers beleef op allerlei konkrete maniere. Gebruik klippies, doppies, proppies, tellers, klei, skoenveters en enige ander interessante ding waarop julle julle hande kan lê om die syfers mee te bou. Begin elke syfer op die regte plek. Gesels oor... Continue Reading →