Gebruik 2 leë eierhouertjies. Span enige tellers in. Aan die een kant pak die opvoeder die tellers uit. Aan die ander kant moet die kind dit herhaal. Ons fokus nie net op die kleure nie, maar ook op die posisie van die tellers.
Patroon pak
Patrone kan natuurlik op allerhande maniere ingespan word. Ons maats oefen visuele geheue en diskriminasie. Pak krale in die een leë muffin pannetjie. Nie nét moet die kind die kleur patroon herhaal nie, maar rigting en posisie moet ook in gedagte gehou word. Gee die kind nou kans om die krale patroon te herhaal aan... Continue Reading →
‘n Sirkel is rond
Pak jou groot sirkel uit op die grond. Stap nou al op die rand van die sirkel, een voet voor die ander. Tel saam soos jy stap.Pak die rand van die sirkel vol skoenveters.Ry met klein karretjies op die rand van die sirkel.Gaan staan binne die sirkel, gaan staan buite die sirkel. Waarop fokus ons?... Continue Reading →
Luister saam: b en d verwarring
Kliek op die pyltjie hier onder om te luister: Wil jy graag deel word van die whatsapp groep? Gaan loer HIER.