Gebruik 2 leë eierhouertjies. Span enige tellers in. Aan die een kant pak die opvoeder die tellers uit. Aan die ander kant moet die kind dit herhaal. Ons fokus nie net op die kleure nie, maar ook op die posisie van die tellers.
Patroon pak
Patrone kan natuurlik op allerhande maniere ingespan word. Ons maats oefen visuele geheue en diskriminasie. Pak krale in die een leë muffin pannetjie. Nie nét moet die kind die kleur patroon herhaal nie, maar rigting en posisie moet ook in gedagte gehou word. Gee die kind nou kans om die krale patroon te herhaal aan... Continue Reading →
Kyk mooi!
Vir ons om te kan lees en skryf moet ons woorde en sinne kan herken, skommel en in volgorde kan pak om 'n sinvolle woord of sin te bou. Hierdie is die begin!
Lepels en patrone
Gebruik verskillende lepels in hierdie aktiwiteit. Die lepels word met die bakkie (of skep) gedeelte na verskillende kante gepak. Die kind word nou kans gegee om die patroon te herhaal. Die fokus hier is op patroon herkenning en rigting. Kyk of jou kind kan sien in watter rigting die lepel se bakkie lê en of... Continue Reading →