In hierdie boekie gaan jy die volgende idees kry. Al ons idees berus op KONKRETE en KINESTETIESE onderrig waar die kind leer deur belewing en nie deur werksvelle nie. Hierdie idees kan maklik in die klas of huis ingespan word. Boonop haal ons die relevante vaardigheid aan by elke idee! Daar is 2 boekies beskikbaar... Continue Reading →
Sensoriese spel
Rys is 'n wonderlike sensoriese hulpmiddel. Maak seker jy hou direkte toesig oor die speel, en dis liefs nie geskik vir ons heel klein maats nie. Vir ons ouer maats is die vroetel en die wikkel deur die rou rys korrels 'n heerlike en selfs kalmerende aktiwiteit. Kleur jou rys deur gel kleursel by te... Continue Reading →
Sensoriese aktiwiteite
Sensoriese aktiwiteite behels eintlik alle aktiwiteite wat 'n verskeidenheid van sintuie betrek. Die aktiwiteite waarvan ons vandag praat is spesifiek daardie aktiwiteite wat lekker morsig is! Dis nou die jellie, meel, water ens.
Patrone in sout
Gooi sout of meel in 'n skinkbord. Jy kan ook verskillende teksture in verskillende skinkborde gooi.Sout, meel, mieliemeel, hawermout (oats) ens. Die kind kry nou kans om allerhande patrone in die skinkbord te trek. Dit kan vooraf beplande patrone wees, maar onthou om genoeg tyd te laat vir eksplorasie.