Ons het ons lap sirkels gebruik vir hierdie leerstasie. Pak jou sirkels uit met 'n klankie op elke sirkel. Die kind kry nou 'n klomp woorde en moet die eerste klankie gaan soek wat by elke klankie pas.
Voorgrond agtergrond
Hierdie oulike plekmatjies het ek aangekoop by PEP, maar jy kan soortgelyke matjies by enige winkel kry wat interessante en helderkleurige huisware verkoop. Die een matjie knip ek uit en die ander matjie word op die tafel gesit. Kyk nou of jy die oliebolle kan pas by hulle maats. Ons moet kleur, grootte en rigting... Continue Reading →
Pom poms optel
Laat val 'n paar pom poms op die grond. Die kind kry nou 'n knyptangetjie of wasgoedpennetjie om die pom poms mee op te tel. Hierdie eenvoudige aktiwiteit is wonderlike oefening vir voorgrond agtergrond onderskeiding, ons maats se fyn spiere oefen ook. Boonop moet die kind buk met hierdie aktiwiteit wat die midrif spiere versterk.
Voorgrond agtergrond onderskeiding
Dit is 'n goeie idee om jou legkaart of blokke in 'n skinkbord of bordjie te plaas. Dit is veral 'n slim plan om jou syferkaarte en alfabetkaarte in 'n bakkie of bordjie te pak. (Dit dien min of meer dieselfde doel as die raampie om jou woorde of prente wat jy op die tema... Continue Reading →