Gooi water in ‘n skottel of bak. Laat proppies in die bak dryf. Verskillende kleure koeldrank doppies/proppies werk heerlik!

Gebruik nou ‘n vlieëplak (maak seker dis ‘n nuwe skoon een) of groot opskeplepel en skep die proppies uit.

Julle kan selfs die aktiwiteit uitbrei :

Skep eers 3 proppies uit en dan nog 3. Hoeveel het jy nou?Skep eers al die blou proppies uit, skep dan al die rooi proppies uit en heel laaste al die geel proppies.Probeer om 2 proppies op ‘n slag uit te skep. Tel nou elke keer 2 by soos wat jy die proppies uitskep.Gooi weer proppies terug in die water en tel by!Deel die proppies in 2 ewe groot hopies. Bly daar enige proppies oor?

Sê jou sê hier