Verf is darem maar ‘n heerlikheid vir ons maats! Dit is egter ‘n ergernis vir ons volwassenes (veral as jy van dinge skoon en netjies hou!). Ek het nie regtig antwoorde vir die skoon en netjies nie. Ek het wel lekker idees vir die verf.

Vir hierdie projek het ons skottelgoed sponsies (plastiese wol sponse) gebruik om mee te verf. Dit is ‘n interessante tekstuur vir tas ontwikkeling, maar maak ook oulike patrone op die papier.

Onthou om nie té veel in te meng wanneer jou kind besig is met kreatiewe aktiwiteite nie.

Sê jou sê hier