Wonder jy ook waarom ons maats elke jaar net meer en meer sukkel? Ons werk al harder en doen al meer en steeds is dit asof ons grondslagfase maats maar net die uitkom by die uitkomste nie.

Waar kom die gesukkel vandaan? Hoekom lyk dinge dan so donker? En die belangriker vraag : wat kan jy doen om dit te verander …

Ons gaan ‘n hele werkswinkel hou oor hierdie belangrike onderwerp en jy is genooi! Die aanbieders is ervare onderwyseresse met ‘n hele swetterjoel kinders (en selfs al kleinkinders!) tussen hulle.

Die dag is propvol praktiese idees en raad om sommer dadelik toe te pas in jou klas of huis.

Jy kan die dag bywoon in Pretoria, of aanlyn inskakel. Jy kan egter ook na afloop van die dag die videos kyk.

Hierdie opleiding sluit ‘n sertifikaat in.

Kliek op die knoppie vir meer inligting en om jou plek te bespreek :

Kliek hier vir ons winkel

Sê jou sê hier