Daar is min dinge wat taal so kan laat blom as lees. Dis goeie raad om tweede taal sprekers in jou klas baie bloot te stel aan die taal waarin hulle noodgedwonge moet leer. Die goeie nuus is dat taal (geskryf en gepraat) is om ons. Dis orals te sien, nie nét in boeke nie.

Ons het ‘n lys met interessante voorstelle gemaak waar ons orals kan lees. Hou in gedagte dat die kleuter meeste hiervan nie self kan baasraak nie en dat die opvoeder of ouer se insette die deurslag gee. Hierdie lys is egter geldig vir ons ouer maats ook.

Ons hoor graag jou idees om ons lys uit te brei in die kommentaar.

BoekeTydskriftePamfletteAdvertensie boekiesVerpakking bv. ontbyt pap bokse (ander blikkies kos ens)Aanwysings (pad aanwysings)Instruksie boekie (hoe om iets te gebruik of op te stel)StraatnamePadkaarteAdvertensie borde langs die pad (oppas maar vir die volwasse winkels wat so sonder skaamte adverteer!)Kaartjies (verjaarsdagkaartjies ens.)Etikette in klereWinkels se nameDie strokie wat die winkel gee na aankope gemaak is (kwitansie of “slippy”)Aanwysings in winkel sentrumsBekende tekens wat gevare aandui en inligting gee bv die hysbak, toilet ens.PadtekensNatuur aanwysingsbordjies (bv dui bome se name ens aan.)Monumente/besienswaardighede/museumsStrokiesprenteGedigte

Sê jou sê hier