Wat moet my 2 tot 3 jarige weet?

8 mins read

Ons he ‘n lys van verwagte uitkomste saamgestel deur die NCF (National Curriculum Framework) se ELDAs in te span. Maar ons het ook verskeie ander bronne gebruik om ‘n holistiese beeld te gee van die verwagte uitkomste.

Daar moet asb. altyd in ag geneem word dat hierdie ouderdom kinders almal teen verskillende tempos ontwikkel. Indien jou kind voor met bv. taal is, is dit moontlik dat iets anders dalk agter is. Moet asb. onder geen omstandighede hierdie lys gebruik as ‘n fondasie vir drilwerk of toetsing nie. Dis ‘n aanduiding van die verwagte mylpale.

Indien jy graag hierdie uitkomste as pdf wil aflaai kan jy gerus by ons aanlyn portaal aansluit. Kliek dan hieronder op die “buy now” knoppie.

FISIESE WELSTAND Fisiese welstand maak die grootste deel uit van die klein kind se algemene welstand. Dit sluit die ontwikkeling van  fundamentele beweging, manipulerende en stabiele vaardighede in.
Selfstandigheid.
Klim trappies een vir een sonder hulp.
Gebruik voete afwisselend vir trappe klim.
Loop regop en gemaklik.
Swaai arms wanneer loop.
Tree gemaklik op in bekende omgewing.
Neem gemakliker afskeid van ouer.
Pogings om self aan/uit te trek vorder.
Het beheer oor blaas.
Het beheer oor stoelgang.
Gebruik toilet alleen met min hulp.
Eet meeste soorte kos.
Eet self, mors min.
Hou bekertjie met een hand vas.
Kan self hande was.
Gewilligheid om te waag/eksploreer
Groot motoriese vaardighede.
Verander van rigting wanneer hardloop.
Hardloop redelik gemaklik.
Klim en klouter.
Val nie meer maklik nie.
Spring gemaklik op en af op een plek.
Spring oor ‘n lae tou. (op eie wyse)
Rol gemaklik op ‘n plat oppervlak. (lengte van lyf)
Loop/balanseer op ‘n plat plank op die grond. 
Balanseer op een been vir kort rukkie.
Stop/begin eie beweging redelik maklik.
Fyn motoriese vaardighede.
Ryg groot krale/objekte.
Maak knope vas/los.
Draai slinger. (eierklitser)
Matige vingerbeheer met krabbel/teken/verf implemente.
Duim/vingergreep gevestig (knypgreep/skêrgebruik).
Wissel nog hande; voorkeurhand ontwikkel.
Bou toring met 6-10 blokkies.
Rol slangetjies/balletjies met klei.
Skink self uit melk-/sapbeker.
Loop met vloeistof  met minimum mors.
Hou bekertjie met een hand vas.
Gebruik lepeltjie/vurkie om te eet.
Doen aktiwiteite doelgerig.
Sensoriese vaardighede.
Aanvaar drukkies/liggaamlike kontak.
Deel in sensoriese spel; modder/sand/saagsels.
Onderskei tussen verskillende teksture; hard/sag, grof/glad.
Onderskei tussen nat/droog.
Onderskei tussen temperature; warm/koud.
Loop kaalvoet oor verskillende oppervlaktes.
Perseptueel-motoriese vaardigheid.
Liggaamsbewustheid.
Identifiseer en benoem basiese liggaamsdele. Weet wat liggaamsdele kan doen.
Weet hoe om effektief te beweeg.
Onderskei verskillende geslagte.
Teken primitiewe mensfiguur.
Ruimtelike bewustheid.
Beheer karretjie/blokkie in gekose spasie.
Pas lyf in ‘n ruimte in. (klim in boks)
Bly uit maats se pad. ( nie stamp nie)
Spoor voorwerpe in klas op. (speelding wat val/wegrol)
Rigtingbewustheid. 
Kruis met hande oor middellyn. (lateraliteit) 
Kruis met voete oor middellyn. (lateraliteit) 
Stuur waentjie in gekose rigting. 
Identifiseer op/af. 
Identifiseer voor/agter. 
Identifiseer naby/ver. 
Temporale bewustheid (tyd). 
Beweeg op eenvoudige ritme. 
Herken/dupliseer patrone met apparaat. (XO/XO) 
Beweeg vinnig/stadig op versoek. 
Visuele vaardighede 
Visuele akkuraatheid. 
Neem objekte akkuraat waar en fokus daarop. 
Volg bewegende objekte met die oë. 
Voorgrond-agtergrond onderskeiding. 
Onderskei objekte op die voorgrond van dié op die agtergrond. (legkaart pak) 
Ruim op deur objekte vanaf vloer/mat op te tel. 
Diepte onderskeiding. 
Kan die afstand identifiseer van ‘n objek. (reik en vat) 
Visuele motoriese koördinasie. 
Vang groot bal met houer. 
Vang groot bal met hande. 
Gooi ‘n bal. (sonder om balans te verloor) 
Gooi ‘n bal in groot houer. 
Manipuleer apparaat met hande; skêr/kryt/kwas. 
Skop ‘n bal. 
Spring in ‘n hoepel/van blok tot blok. 
Ouditiewe vaardigheid. 
Ouditiewe diskriminasie 
Onderskei klanke ; hard/sag. 
Onderskei vinnige/stadige klanke. 
Ouditiewe geheue. 
Onthou ‘n deunjie/klankpatroon. 
Voorgrond-agtergrond onderskeiding. 
Onderskei klanke wat naby is. (maat wat praat) 
Onderskei klanke in die agtergrond. (tromslae in musiek) 
Ouditiewe begrip. 
Luister/verstaan wat gesê word. (opdrag uitvoer/antwoord) 
Reageer op geluide. ( musiekklanke/ritme) 
Eksperimenteer met instrumente. 
IDENTITEIT EN GEBORGENHEID Identiteit is die betekenis wat die klein kind aan hom/haarself heg. Dit word gevorm uit die kind se verhoudings met homself en ander mense. Die persone om die kind kan dus ʼn positiewe of negatiewe invloed uitoefen op die kind se verwerwing van sy/haar identiteit. Die kind se gevoel van geborgenheid is ʼn direkte uitvloeisel van ʼn positiewe identiteit. 
Sosiaal en emosioneel. 
Nog op self gefokus/eie belange eerste. 
Ken familielede/versorgers/vriende. 
Boots gedrag van persone na. 
Gebruik voorwerpe vir fantasiespel. (blok word swaard) 
Reageer teenoor objekte asof dit lewe het. (boom praat) 
Stel in ander kinders belang. 
Gewete begin ontwikkel. (jammer vir slagoffer) 
Huil nie meer maklik nie. 
Raak nie maklik ontsteld nie. ( aanvaar gerusstelling) 
Speel met albei geslagte. 
Speel met ander etniese persone. 
Gee uitdrukking aan gevoelens. 
Streef na goeie verhoudings met vriende/versorgers. 
Pas aan by klasroetine. 
Volg basiese reëls/roetiene en begyp gevolge indien oortree. 
Eksperimenteer met gedragsgrense. ( oortree klasreël) 
Druk emosies uit sonder benadeling van self/ander/ eiendom. (toon mate van selfbeheer) 
Maak soms veranderinge/probeer iets nuuts. (inisiatief) 
Neem verskeie emosies waar. (vra “Wat is verkeerd?”) 
Geniet eenvoudige humor. 
Eksperimenteer met lawwe taal en “chanting.” 
Gevoel van veiligheid. 
Vertrou versorger toenemend. 
Reageer op waarskuwings. ( pasop vir jou vinger) 
Begryp basiese veiligheidsreëls. ( nie afspring van hoogte) 
Veerkragtigheid. (Resilience). 
Aanvaar vertroosting in pyn/ongemak. 
Begin om “goed” te wees vir ander. 
Begin verantwoordelikheid aanvaar vir eie gedrag. 
KOMMUNIKASIE (TAALONTWIKKELING) Die jong kind se ontwikkeling is grootliks afhanklik van die bemeestering van taal en kommunikasie. Deur taal kan die kind vrae vra en antwoorde verstaan. Deur kommunikasie kan die kind hom/haarself aan ander meedeel, ander verstaan en verhoudings stig. Deur die diverse vorms van taal kan wense uitgespreek word, versoeke verstaan word en ander se gevoelens begryp word. 
Luister en praat. 
Luister na vrae, instruksies, aankondigings en reageer. 
Luister na kort stories. 
Luister na rympies en reageer met aksies. 
Luister en herken verskillende geluide/klanke. 
Neem deel aan vingerrympies. 
Sing eenvoudige liedjies/rympies en herhaal. 
Dra eenvoudige boodskappe oor. 
Vra vrae/stel versoeke d.m.v. woorde/tekens. 
Praat oor eie ervarings. 
Rolspeel verskeie maniere van praat bv. telefoongesprek. 
Gebruik beleefdheidsvorme. (dankie/asseblief) 
Gebruik kort sinne. 
Klanke (Foneme) 
Gebruik “p/t/k”-klanke. 
Gebruik herhalende klanke. (mamma/nou-nou) 
Begin om meervoude te gebruik. ( skoene/hande) 
Gebruik taal om konsepte soos grootte/tyd/ouderdom uit te druk. ( dis groooot!) 
Gebruik taal om pas/pas nie te beskryf. 
Gebruik taal om inligting te verkry. (hoekom? waarom?) 
Kommunikeer deur aksiewoorde te gebruik. (vinnig loop) 
Gebruik taal/klanke vir interaksie. 
Kyk en neem waar. 
Kyk en neem waar. (Dis ‘n blom) 
Kyk na prente/foto’s/tekeninge. 
Maak sin uit prente en visuele leidrade. ( voëltjies vlieg) 
Onderskei voorwerpe in voorgrond van prent. 
Pas aksies/optrede by voorwerpe/persone. (Die hond blaf) 
Hou boeke korrek vas. ( nie onderstebo nie) 
Blaai blaaie van ‘n boek om.. 
Krabbel .(“skryf”) 
Hanteer skryf/tekeninstrumente. (kryt/potlode/kwasse) 
Eksperimenteer met “skryf”. 
Skep eie eenvoudige tekeninge. 
Benoem tekeninge en vra vir geskrewe opmerkings. 
Maak sirkels en reguit lyne. 
Kombineer sirkels en lyne om “prent” te maak. 
WISKUNDIGE EKSPLORASIE (Kognitief) Die jong kind moet eers ʼn basis van voor-wiskundige begrip opbou sodat die onderliggende prosesse van wiskunde begryp kan word. Daarom word gefokus op sortering, klassifisering, patrone, getalbegrip, meting en posisie in die ruimte. 
Getalle en getalbewerkings. (dink konkreet) 
Tel tot 5 met meegaande aksies en bewegings. 
Gebruik sommige getalname en simbole. (1/ een kat) 
Het ‘n getalbegrip van sommige getalle. (1 kat/2 blomme) 
Verstaan en gebruik konsepte soos meer/minder, ewe veel. 
Sit voorwerpe  by en neem weg. 
Patrone 
Verstaan eenvoudige patrone. (wat kom volgende) 
Pak eenvoudige patrone met apparaat.  (% * % * ) 
Ruimte, vorms, kleur. 
Herken en benoem ‘n sirkel, vierkant, driehoek, reghoek. 
Herken simmetrie in self. (arm/been aan elke kant) 
Begryp posie in die ruimte: voor/agter/bo-op/ onder/langsaan. 
Begryp rigting in die ruimte: vorentoe/agtertoe/ boontoe/ondertoe. 
Herken en benoem kleure: blou/rooi/geel/groen. 
Sorteer voorwerpe volgens een eienskap bv. kleur/vorm. 
Bou met ‘n verskeidenheid blokke. 
Meting. 
Verstaan die konsep van dag en nag. (tydsverloop) 
Toon begrip vir herhalende gebeure in die daaglikse lewe. 
Werk met apparaat om massa te beleef. (eenvoudige skaal) 
Werk met apparaat om grootte te beleef. ( bokse) 
Werk met apparaat om lengte te beleef. (skoenveters) 
Beleef die konsep van volume met sand/water-spel. 
KREATIWITEIT Kreatiwiteit gaan om die skep van nuwe idees, van oorspronklike oplossings vir probleme en verbetering van bestaande wyses van doen. Spel is die heel belangrikste voertuig waardeur die jong kind leer om kreatief te dink. 
Kombineer parallelle spel en fantasiespel (met mekaar speel in rollespel) 
Neem deel aan gedramatiseerde spel. (storiekarakters) 
Gebruik verskillende voorwerpe vir fantasiespel. (besem word perd) 
Speel eie weergawe uit van gunstelingrolle. 
Vind oplossings vir problem. (kry iets wat pas) 
Los probleem op in verhoudings. (een vir jou, een vir my) 
Los probleem op in konstruksiespel. (soek die regte blok/boks/onderdeel ) 
Vra vrae: Wat, waarom, wanneer, wat sal gebeur as? 
Geniet raaisels. (Wat het vier bene en blaf?) 
Speel algaande meer in ‘n groepie saam. 
Vertoon eie inisiatief. (probeer iets anders) 
“Teken” algaande meer herkenbare figure. 
Benoem en vertel stories oor eie skeppings. 
Vertolk musiek op eie wyse met lyfbewegings. Maak eie eenvoudige rympies/liedjies. 
Gebruik serpe/instrumente saam met musiek. 
KENNIS EN BEGRIP van die wêreld Die jong kind leer die wêreld om hom/haar ken deur ondersoek in te stel, te ervaar, te ontdek en nuwe kennis te versamel. Daarom is dit van uiterste belang dat die kind se omgewing genoeg geleenthede sal bied om al bogenoemde te kan ervaar en begrip te bou.   
Aanvangskennis. 
Ondersoek oorsaak en gevolg in die natuur. (son kom op) 
Neem weersomstandighede waar. (winderig, rëen) 
Neem veranderinge in die natuur waar. (seisoene) 
Begryp mense is afhanklik van mekaar. (ouers sorg vir my) 
Begryp almal lyk/is nie dieselfde nie. (elkeen pas iewers) 
Toon begrip vir die omgewing. (veld, plante, diere) 
Toon begrip vir afstand. (Ouma bly ver) 
Herken enkele mylpale langs bekende roetes. (kafee/kerk) 
Reageer op stories uit die verlede. (toe Oupa klein was) 
Ken eie naam/van/telefoonnommer. 
Begin om begrip te vorm vir woorde van tegnologiese betekenis. (strykyster is warm/elektrisiteit kan skok) 
Ondersoek “binnekant” van implemente. (in onbruik) 
Eksperimenteer met “maak” van implemente (‘n kar/stoof/ musiekinstrument) 
Is geïnteresseerd in eksperimente. ( stoom word water) 
Kom tot ‘n konklusie. ( wolke gee reën) 

Sê jou sê hier

%d bloggers like this: