Hierdie vraag duik gereeld op, onder ouers sowel as opvoeders. Wat presies moet my kind weet.

Ek wil graag by die heel begin begin. Kom ons kyk eers hoe besluit ons wat jou kind moet weet. In Suid-Afrika gebruik ons KABV (of in Engels CAPS) as basis. Ek wil jou gerusstel dat hierdie basis baie goed vergelyk met ander lande sin en selfs ooreenstem met die Finse uitkomste vir die jaar voor die kind skool toe gaan.

Jy gaan sien dat jou kind waarskynlik op ‘n groot aantal van die uitkomste ver voor is. Dit is ook goed so. KABV stel immers die minimum standaard. Dit beteken dat jou kind ten minste dit moet weet.

Maak egter baie mooi seker van jou kind se skool se rasionaal indien hulle sommer baie meer vereis as wat KABV voorstel. Dit is ongelukkig so dat skole die kinders druk met lees en skryf en al die vaardighede (wat eintlik belangrik is) uitlaat. Dit skep die illusie van “voor” die prys is egter kommerwekkende uitvalle in die latere jare.

ONTHOU ons graad R maats leer heel laaste en die heel minste op papier en moet hoofsaaklik alle uitkomste met die hele lyf beleef. Hardloop dus vinnig en ver as jou kind se skool spog met 20 boeke propvol geskryf!

Goed hier gaan ons met die lys (let wel die lys is opgesom). Laai jou eie volledige KABV kopie hier af.

Huistaal :

Luister en praat.Luister na stories en dramatiseer dele.Luister en reageer op eenvoudige vrae.Luister en herhaal ritmiese patrone korrek (LL1/LL1).Luister en onthou woordreekse in korrekte volgorde (gryp, grot, groot).Luister sonder om spreker in die rede te val.Hou van voorlesings/stories op laserplaat.Maak beurte om te praat (met hulp van volwassene).Vra vrae vir duidelikheidshalwe.Gesels graag oor eie ervarings.Vra vrae soos: hoe/waarom/wanneer?Spraak onreëlmatigheid minder ( skemmel i.p.v skelm).Begin oor tweetalige vermoëns beskik.Beantwoord telefoon/neem eenvoudige boodskap.Hou daarvan om rympies/liedjies aan te leer.Sing eenvoudige liedjies/rympies en doen aksies saam.Maak eie eenvoudige rympies/liedjies op.Hou daarvan om rympies/liedjies te dramatiseer.Begin saamgestelde sinne te gebruik (voeg sinne saam).Gee aandag aan sinstruktuur (korrekte woordorde).Praat oor boeke, prente op temabord.Neem deel aan feite-kennisbesprekings.Vertel bekende stories oor in regte volgorde.Verwoord eie idees/dink hardop.Gesels met volwassenes.Reageer op verbale inligting.Geniet dit om met woorde te speel/lawwe woordspel.Leer graag nuwe woorde aan/ken betekenis.Klank-spel eenvoudige woorde.Gebruik woorde om kennis te versamel/weer te gee.“Ek weet” is belangrik vir die kind.Passiewe woordeskat ongeveer 5000-6000.Ekspressiewe woordeskat ongeveer 3000.Kan onderskei tussen ooreenkomste/verskille van woorde (lang/kort woord).Foneme/klanke.Identifiseer rymwoorde in bekende rympies/liedjies.Verstaan dat woorde opgebou is uit klanke.Herken begin-eindklanke in woorde (ook sommige middelklanke).Breek woorde op in lettergrepe (klap/stap lettergrepe).Geniet klanknabootsing ( blaf soos ‘n hond).

Lees (ontluikende lees) en kyk.Hou boek met regte kant na bo.Herken/wys sommige voorwerpe in prent.Interpreteer prente en maak eie storie.Rangskik storieprente in regte volgorde.“Lees” storie met ‘n “leesstem”.Herken/lees hoë frekwensie woorde in omgewing (SPAR).“Lees” grootdruk woorde in boeke/tematafel/rympies.Bring eie ervaring in verband met gebeure in storie.Gee eie opinie/bespreek karakters in storie.Voorspel wat gaan gebeur in storie (luister/prente/kyk).Beantwoord vrae oor mondelinge stories (slegs geluister).Teken prente om hoofidee van storie weer te gee.“Lees” storie deur na prente te kyk.Pak letters uit om woord op woordkaart te spel.Handskrif.Fynspiervaardighede word versterk deur vingeroefeninge  ( kleispeel/indraai/vasdraai van apparaat).Ontwikkel oog-hand-koördinasie (groot-kleinspier oefen).Trek eenvoudige buitelyne na (prente/patrone/letters).Vorm letters met vingerverf/klei.Kopiëer patrone/woorde/letters.Gebruik verskeidenheid van skryfgereedskap (kwas/kryt).Skryf.“Skryf’ van links na regs/ bo na onder.Praat oor eie “skryfwerk”.Maak eie boek deur inhoud te teken/skryf.Lewer bydrae tot nuusboek met prente/”skryfwerk”.Begin om letters van eie naam/sigwoorde te skryf.Geniet dit om skrifpatrone te maak.

Wiskunde :

1.Getalbegrip ontwikkeling: A.  Tel in heelgetalle.1.1 Tel van voorwerpe.Tel konkrete voorwerpe.Skat en tel minstens 10 alledaagse voorwerpe.1.2 Tel aan en terug (gebruik konkrete apparaat).Tel in ene aan (en terug) vanaf 1 – 10.Gebruik getalrympies/liedjies.1. Getalbegrip ontwikkeling: B.  Voorstelling van heelgetalle.1.3.Getalsimbole en getalname. Herken, identifiseer en lees getalle.Herken, identifiseer en lees getalsimbole 1 tot 10.Herken, identifiseer en lees getalname 1 tot 10.1. Getalbegrip ontwikkeling: C.  Beskryf, vergelyk en rangskik heelgetalle.1.4. Beskryf, vergelyk en orden getalle.Beskryf, vergelyk en rangskik versamelings voorwerpe tot 10.Beskryf heelgetalle tot 10 (herken aantal kolletjies).Vergelyk watter versamelings is: Groot/klein, groter as/kleiner as, meer as/minder as, gelyk aan, ewe veel, die minste tot 10 (gebruik konkrete objekte).Rangskik meer as twee versamelings voorwerpe vanaf kleinste tot grootste (tot 10).Gebruik getalle om rangorde, plek of posisie aan te dui (eerste tot sesde/ vierde hond).Bewusmaking van rangordes: eerste –  sesde, laaste.1. Getalbegrip en ontwikkeling. D. Probleemoplossing in konteks.1.5. Probleemoplos tegnieke.Gebruik konkrete apparaat om probleme op te los: Ek het 5 voëltjies en twee vlieg weg. Hoeveel oor?Los bg. op met getallyn 0 – 5 plekke, neem 2 weg.1.6. Optel en aftrek.Los stroriesomprobleem op tot 10. Verduidelik eie oplossing; 5 voëltjies vat 2 weg laat 3 bly sit.1.7. Groepering en gelyke verdeling wat tot deling lei.Los stroriesomprobleem op met groepering en gelyke deling in groepe. Verduidelik ‘n res/oorbly.1.8. Geld.Ontwikkel bewustheid van Suid-Afrikaanse munte.Getalbegrip en ontwikkeling. E. Konteksvrye berekeninge.1.9. Los mondelinge optel- en aftrekprobleme op met antwoorde tot minstens 10.1.10. Hoofrekene (tot 10).Tel alledaagse voorwerpe korrek.Tel aan en terug.Tel van ranggetalle (eerste, derde tot sesde).Klap hande/stamp voete baie/min kere.Watter klappe/stappe is die meeste/minste; meer/minder.Watter getal kom voor/na/tussenin  (getallyn/getalle en tellers).     2  Patrone, funksies en algebra.2.1 Geometriese patrone.Kopiëer en brei eenvoudige patrone uit. Gebruik fisiese voorwerpe/tekeneninge ( XXX/L&/XXX/?).            (rooi, geel, geel/blou, blou/rooi, geel, geel/?)Ruimte en Vorm (Geometrie).3.1 Posisie, oriëntasie en aansig.Woordeskat met betrekking tot posisie: Beskryf die posisie van een voorwerp in verhouding tot ‘n ander, bv. bo-op, voor, agter, links, regs, op, af, langsaan. onder, (Die bal is op die stoel/ Ek lê onder die tafel).Posisie en rigting. Volg verskillende rigtings. (Loop vorentoe/agtertoe/na die deur toe).Driedimensionele voorwerpe (3D): Reeksvoorwerpe.Balle/toiletrolle.Kartondose/kratte.Kenmerke van voorwerpe. Beskryf, sorteer en vergelyk 3D voorwerpe ten opsigte van:GrootteKleurVoorwerpe wat kan rolVoorwerpe wat kan glyFokusaktiwiteit.Gebruik van: boublokke, boumateriaal (bokse/rolle) om torings, brûe, geboue te konstrueer.3.3. Tweedimensionele vorms (2D). Reeksvorms; beskryf, sorteer, vergelyk:GrootteKleurGeometriese vorms (sirkel/driehoek/vierkant ens).3.4. Simmetrie.Herken simmetrie van eie liggaam ( arm/been aan elke kant/ een oog aan elke kant).Meting.Tyd.Tydsverloop.Herken gebeure gedurende die dag/nag (slaaptyd).Rangskik gebeure in die dag volgens regte volgorde.Orden herhalende gebeure in eie dag/lewe.4.2. Informele meting (Lengte/hoogte/breedte).Gebruik woorde soos langer, langste, korter, ewe lank, wyer, wydste.Vergelyk voorwerpe langs mekaar geplaas.4.3 Massa.Vergelyk/rangskik massa van voorwerpe deur daaraan te voel (skatting)/weegskaal te gebruik.Gebruik van woordeskat: lig, swaar, ligter, swaarder, ligste, swaarste.4.4  Kapasiteit en volume.Vergelyk/rangskik die hoeveelheid vloeistof (volume) in houers langs mekaar.Pas vloeistof aan deur meer/minder te maak.Gebruik van woordeskat: meer as, minder as, ewe veel, vol, leeg.Datahantering.5.1 Versameling en sortering/organisering van voorwerpe.Versamel/sorteer voorwerpe volgens kleur, soort, ens.5.2 Voorstelling van gesorteerde/versamelde voorwerpe.Teken prente, piktogram, grafiek van versamelings.5.3 Bespreek/doen verslag van versamelings.Beantwoord vrae oor inligting verkry (gunsteling gereg van groep).Wyse waarop versamelde voorwerpe gesorteer is: (gereg minste gewild/meeste gewild).Tekening van versameling (wortels/blomkool).

Lewensvaardighede (onthou dit sluit al die vakke soos geografie en natuurwetenskap in) :

LEWENSVAARDIGHEID.3.1.Beginnerkennis.Sosiale wetenskappe.Geskiedenis en Aardrykskunde.Bespreek eie ervarings uit die verlede (Gister het ek…).Vertel stories wat met die verlede verband hou (Annerdag het my ma…).Neem kennis van interafhanklikheid (versorging in gesin).Neem verskille/ooreenkomste positief in mense waar.Ondersoek eie omgewing (Ons bly naby die…).Neem kennis van omgewingsake (Bokkies het gras nodig).Kry begrip vir afstand ( Ouma bly ver/tannie is naby).Natuurwetenskap.Toon belangstelling/waarneming van:  Lewende dinge (natuurverskynsels) /Energie (elektrisiteit)  / Stowwe (water, grond) /Aarde ( ons aarde en verder).Toon die volgende vaardighede: Neem waar, ondersoek, tref vergelykings, klassifiseer na vergelykings. Meting d.m.v. syfers, afstand, volume. Eksperimenteer met bevindinge. Kommunikeer, kom tot gevolgtrekking.Tegnologie.Toon die volgende vaardighede: Ondersoek (hoe werk dit?) Ontwerp (iets om mee te klits)/ Maak (maak ‘n klitser) /Evalueer (werk die klitser?), Kommunikeer oor die resultaat.3.2 Kreatiewe kunste.Dans.Gebruik liggaam vir liggaamperkussie (klap hande/ trommel op eie lyf/boots geluide na met mond).Vertolk rolle tydens vrye dansuiting.Doen eenvoudige dansie bv. volksdansies.Volg ritme van musiek (stap/draf op maat).Musiek.Vertolk tempo van musiek, vinnig/vinniger/stadig/stadiger.Gee uitdrukking aan gevoelens/emosies van musiek.Speel op eenvoudige musiekinstrumente.Sing eenvoudige liedjies en vertolk met die liggaam.Drama.Neem deel aan aksieliedjies.Vertolk karakters in liedjies/musiekstories.Visuele kunsuitdrukking.Omlyn eie tekeninge/kleur in.Gebruik verskillende media ( kryt/kwas/potlode/skêr)Verf met hande, vingers, voete (vingerverf/voetafdrukke).Voeg meer detail in prente (pre-skematiese fase).Verduidelik gedagtes/gevoelens met tekeninge.Gebruik korrekte potloodgreep.Knip met skêr/ knip op ‘n lyn.Gebruik verskillende materiale in kreatiewe skeppings.Neem deel aan klas-groepprojekte.Maak 3D modelle met bokse/afvalmateriaal.Modelleer klei-deeg/voorwerpe.Gebruik eie konstruksies in fantasiespel.Liggaamsopvoeding.Grootmotoriese vaardighede.Hardloop; versnel en stop maklik/huppel en gallop.Spring; oor tou op grondvlak/bewegende tou/ oor hindernis/ met een voet/albei voete/oor ‘n afstand.Rol; met hele lyf/vooroor rol.Swaai; op swaai/aan ringe/aan dwarsbalk.Klim; teen trappies of lere op en af/op klimapparaat.Balanseer; dra voorwerpe terwyl beweeg/loop op lyn of tou op grond/loop op balanseerbalk/balanseer op onstabiele apparaat/staan op een been/balanseer met toe oë.Fynmotoriese vaardighede.Ryg verskeie groottes voorwerpe in. Gebruik verskeie teken/verf/knip-apparaat met gemak.Voer vou-aktiwiteite met papier/karton uit.Bou gekompliseerde konstruksies met blokke/media.Perseptueel-motoriese vaardighede.Liggaamsbewustheid.Benoem liggaamsdele en beweeg effektief.Dominansie vasgelê.Gebruik alle liggaamsdele met gemak.Ruimtelike bewustheid.Herken en pas posisie toe; bo/onder/langsaan/hoog/laag/naby/ver/voor/agter/vlakke.Herken en pas rigting toe; Links/regs/op/af/vorentoe/agtertoe/in en uit.Kruis hande/voete oor middellyn om take uit te voer.Temporale bewustheid.Pak patrone uit/voltooi patrone/skep eie patrone.Volg daaglikse roetiene/weet wat volg/is klaar gedoen.Visuele vaardighede.Visuele akkuraatheid.Neem voorwerpe waar en fokus met gemak/ook bewegende voorwerpe.Onderskei verskille/ooreenkomste in voorwerpe.Voorgrond-agtergrond onderskeiding.Teken prente met voor-agtergrond (primitief).Knip kleiner prent uit groter prent uit.Vind objekte gemaklik op die vloer.Diepte onderskeiding.Onderskei voorwerp wat aankom (vang bal met groter gemak).Vermy bewegende voorwerp (stop/draai uit).Visueel-motoriese koördinasie.Mik toenemend meer akkuraat (gooi na teiken).Bons bal/skop bal.Hanteer apparaat soos spane/rakette met meer gemak.Knip meer akkuraat op lyne/strepe.Kleur toenemend meer/beter in/bly binne lyne.Ouditiewe vaardighede.Ouditiewe diskriminasie.Onderskei klanke/taal in omgewing.Onderskei spoed/tempo van geluide.Ouditiewe geheue.Onthou langer stories/rympies/liedjies.Onthou meer as een opdrag (3 per keer).Klap klankpatrone na.Voorgrand-agtergrond-onderskeiding.Volg ritmiese instrument in vol orkes.Luister na musiek/sing saam.Ouditiewe begripReageer op geluide/klanke (groter verskeidenheid).Luister/verstaan wat gesê word en reageer korrek.Neem deel aan gesprekvoering.Tasvaardigheid.Onderskei ‘n verskeidenheid oppervlaktes (grof/glad).Onderskei temperature, gebruik beskrywings (baie koud).Herroep tas-ervarings/vergelyk (sagter as..).Reukvaardigheid.Onderskei ‘n verskeidenheid reuke (pampoen/koekies).Beskryf reuke wat geruik is (lekker/skerp).Vergelyk reuke (ruik soos roomys).Persoonlike en Sosiale welstand.Los konflik op met taal.Aanvaar gesag van volwassenes.Konsentreer vir langer tydperk (tot 20 minute)Is oplettend/vra vrae.Kom maklik oor die weg met ander kulture.Toon begrip vir aanpassing in die samelewing.Onderhou vriendskappe.Toon deursettingsvermoë/voltooi take.Toon meer bevrediging in taakvoltooiing.Kan eie werksruimte organiseer.Tree selfstandig op tydens roetieneperiodes.Aanvaar toenemend verantwoordelikheid vir eie besittings.Begryp toenemend gevolge van eie gedrag.Handhaaf goeie postuur by tafel/op mat.

Hou in gedagte dat hierdie lys uitkomste eers aan die einde van die graad R jaar bereik moet wees en dat jou kind dus die hele jaar het daarvoor!

Sê jou sê hier