‘n Kleuterklas is ‘n wonderlike plek vol helder kleure en hoekies om te ontdek en te speel. Ons moet egter ‘n paar riglyne in gedagte hou wanneer ons goed teen ons mure plak.

Ooghoogte vir ‘n kleuter is laer as ooghoogte vir ‘n grootmens. Plak jou plakkate sodat die kleuters dit kan sien. Veral dit waarmee hulle daagliks moet werk.Meer is nie altyd beter nie. Té veel kleure en té vol mure trek ons kinders se aandag af sodat hulle nie kan konsentreer nie.Hou dit eenvoudig en hou die kinders se ouderdom in gedagte. As jou klas nog net tot by 5 moet kan tel, moenie tot by 100 teen jou muur plak nie. As hulle nog net 3 vorms ken, bêre die ander 20 vorms in jou kas vir later.Gebruik die goed wat teen jou mure is! Haal dit af en gebruik dit in jou stasies. Ons kinders kyk naderhand die oulike prente mis as dit net vir mooigeid daar hang.Dis nie nodig om alles teen jou mure te plak nie. Kies oordeelkundig wat teen jou mure kom.

Hier is ‘n paar items wat teen jou muur kan wees :

‘n Weerkaart met simbole.‘n Seisoenkaart en ‘n maand-alamanak.             ‘n Verjaarsdagkaart met kinders se simbole.                                                                                                       Opskrifte vir die leerstasies wat van pas is en‘n Pligtekaart.Kinders se name (en simbole of fotos)SyferkaarteLetterkaarteKleureVormsBlokke teen die muur waar kinders se kunswerk geplak kan word

Natuurlik is daar allerlei ander items wat ook teen jou muur kan kom, maar bogenoemde is ‘n stewige begin.

Sê jou sê hier