
Kom ons gesels nou met ons Graad Een ouers.
Graad 1 lê ons na aan die hart!
Ons maats is egter in die moeilikheid…
Ons huidige hoofstroom skoolstelsel het Graad 1 in ‘n formele skooljaar verander.
Dit terwyl elke logies denkende en geleerde opvoedkundige die skade sien wat hierdie formele onderrig aan ons kinders aanrig.
In Graad 4 kan ons kinders nie lees nie, om nie eens van Wiskunde te praat nie!
Ons moet egter simpatie met die skole hê want oorvol klasse, té veel administrasie vir personeel en ‘n hoë verwagting van skole ten opsigte van buitemuurse deelname van personeel is alles deel van die probleem.
Ons wil jou bemagtig om die leisels te neem en jou Graad 1 op ‘n speel-speel wyse weer lus vir leer te maak!
Om te leer op die manier wat ons kinders eintlik moet leer.
Ons kan jou en jou Graad Een kind op verskeie maniere bystaan op julle onderrigpad:
‘n Wonderlikse reeks opvoedkundige bokse
Die “Graad Een Boks” fokus op taal (Afr. of Eng. eerste taal – jou keuse).
Hierdie boks is ideaal om by jou bestaande program te voeg of om as remediërende en ondersteunende hulp aan te bied.
“Somme in ‘n Boks” bevat 50 Wiskunde speletjies vir maats 4 jaar tot graad 1.
Die fokus is op getalbegrip, opeenvolging, storiesomme, maak meer en minder. Alles is konkreet!
Die “Remediërende Taal Boks” fokus op die Graad 1 taal uitkomste.
Die boks is ook perfek vir remediërende werk saam jou Graad 1 kind, veral vir tweede taal sprekertjies.
Hou die boks byderhand wanneer huiswerk gedoen word vir ‘n konkrete belewing van die abstrakte papierwerk.
Graad 1 huiswerk raad.
Is huiswerk elke middag ‘n veldslag?
Sukkel jy ure om jou kind te motiveer?
In hierdie aanlyn, vooraf opgeneemde kursus fokus ons op die bemagtiging van ouers.
Ons wil jou leer hoe om huiswerk met jou kind aan te pak op so ‘n manier dat dit weer pret raak.
Hier onder is daar nou vir u skakels met al die informasie en pryse, asook plek om te bestel en te betaal.
KleuterKliek – Gr 1 hulpbronne (ouers) by Yolandi Breytenbach (Oasis Club)