Hoe lank voor jy jou pakkie ontvang?

By Oasis Club word alles met sorg verwerk in ons kantoor.  Ons het ‘n klein span wat met liefde elke pakkie aan mekaar sit met jou kind/klas en omstandighede in gedagte.  Daar is nie ‘n “one size fits all” benadering by Oasis nie.

Hieronder is riglyne van hoe lank verwerking duur :

  • Minder as R5000 in waarde van bestelling   –   neem 10 werksdae voor besending
  • Meer as R5000 (tot en met R10 000) in waarde van bestelling –  neem 15 werksdae voor besending
  • Meer as R10 000 in waarde van stelling – neem 25 werksdae voor besending

Maak seker jy bestel betyds.  Onthou om vroegtydig ons kantoor te skakel as julle spesifieke behoeftes rondom aflewer tye het dan kan ons vooraf daaroor gesels en saam planne maak.