
Jou kind se graad R jaar is sommer baie belangrik. Die volgende is baie belangrik :
- Speel baie
- Gesels met mekaar
- Spandeer tyd saam
- Fokus op die vaardighede wat nodig is vir latere leer
- Geleenthede vir leer is oral om ons – laat jou kleuter toe om jou te betower deur alles in ‘n geleentheid vir leer te omskep.
Ons graad R boks help jou om op ‘n lekker speel-speel manier jou kind te begelei op die pad na skoolgereedheid. Die boks is gefokus op die ouer by die huis – maar is so maklik om te gebruik dat die au pair of oppasser dit sal kan gebruik.
Elke boks sluit ‘n boekie met hope lesse in wat fokus op wiskunde en taal.
Die boks is al deur meer as 1 000 ouers en onnies aangekoop en die terugvoer is oorweldigend positief!
Kyk hier na fotos van wat jy kan verwag :






Wil jy graag sien wat in die boks is? Loer in ons winkel.
Kyk saam na die oulike video wat meer vertel oor die oulike boks :