In hierdie leerstasie bou ons eers die kleurpatroon met blokke. Trek nou die rygkrale nader en ryg dieselfde patroon as wat jy sopas gebou het. Nie nét fokus ons op die leer van die kleure nie, maar ook op opeenvolging, die uitbrei van patrone en analise en sintese. Boonop werk die fyn spiere kliphard saam….